luxury travel guide award winner 2016webres

afristay

luukse kamers
fotos
spesiale aanbod

"“Addo Palace is truly a beautiful place and the surrounding bush just makes it feel like a real Africa.”"

Victor, Spain

Kontak Besonderhede

T. +27 (0)76 834 4095

info@addopalace.co.za

 

Kromrivier Valley

Paterson

Greater Addo Area

 

GPS co-ordinates

33 18 40.9 S 25 49 19.9 E

 

Click here for directions
Click hier vir die padaanwysings as die link nie werk nie

Welkom by Addo Bush Palace

Addo Bush Palace Private Reserve bied aan u akkommodasie op ‘n asemrowende en rustige 2500 akker Privaat Reservaat wat grens aan die bekende Addo Olifant Nasionale Park.  Ons is geleë in die malaria-vry Oos Kaap en net 1 uur se reis vanaf die Port Elizabeth Lughawe.  

Die ontwerp van ons Lodges is van so ‘n aard dat die argitektektuur in harmonie is met die omgewing wat dus ‘n estetiese intieme gevoel na vore bring.

Addo Palace "Ndebele Private Resort" is bevooreg om geleë te wees in ‘n natuurlike omgewing, bekend vir die oorvloedige plantegroei en wild.  Die Ndebele kunswerke aan die buitemure aksentueer die manjifieke Lodges en is ‘n aanwins vir die pragtige omgewing.   Die ligging van ons Lodges is ideaal vir families, groepe, korporatiewe wegbreek funksies en paartjies wat graag ‘n romantiese en intieme ondervinding wil geniet.

Die Addo Ndebele Palace projek is gebore uit ‘n diep liefde vir die Suid-Afrikaanse stamme en hul kulture wat stadig besig is om te verdwyn.  Die fokus is om die kuns, kultuur en tradisies van hierdie unieke en kleurvolle Ndebele en Xhosa stamme aan die res van die wêreld bekend te stel.  Ons fokus spesifiek op die bekende Ndebele kultuur se verfkuns wat hulle gebruik om, soos ‘n groot skilderdoek, hulle huise te verfraai met ingewikkelde patrone en ontwerpe wat vertel van hulle ervarings, kultuur, geskiedenis en ook interessante staaltjies.  Gaste sal ook die voorreg hê om die Xhosa kultuur te ondervind wat die inheemse kultuur van die Oos-Kaap is.

Die Oos Kaap is een van die mees boeiende areas van Suid-Afrika.  Dit is ‘n malaria-vry, het uitsonderlike plantegroei, verskeidenheid wild en die pragtige kontras tussen landskappe van see, berge, valleie en bosveld.

Addo Bush Palace is geleë in die welbekende Kromrivier Vallei en is ‘n kort afstand van die beroemde Privaat Shamwari Wildsplaas asook Schotia.

Video van die Addo Olifant Nationale Park

Addo Bush Palace grens aan die bekende Addo Olifant Nasionale Park. Die park het een van die grootste populasie Olifante op die kontinent en is die enigste Park in die wêreld wat spog met die “Groot Sewe”, naamlik Leeus, Olifante, Luiperds, Buffels, Renosters asook die Groot Wit Haai en die Moord-Walvis.

Addo Bush Palace bied u ‘n eksklusiewe vooreg om die outentieke Afrika bos te ervaar, waar ons verskeie opsies aanbied; onder andere verblyf alleenlik,bed & ontbyt, selfsorg of volle diens.

Ons passievolle Bestuurspan en toegewyde Personeel sal u bederf met ‘n onvergeetlike ondervinding.